Tydsbesparings wenke

Sonja-Steenkamp-(40-of-112)Voor die nuwe belastingseisoen afskop wil ons ‘n paar wenke deurgee wat  baie tyd kan spaar met die voltooiing van u belastingopgawe  en soos u weet as ons minder tyd spandeer spaar u ook geld.  Die mees tydrowende proses is as SARS opgawes “review”.

Die belasting inligting wat u bymekaar maak, kan soms uit verskeie formate bestaan, hetsy elektronies of harde kopieë. Ons spandeer gewoonlik heelwat tyd om die inligtig wat SARS vir “reviews” aanvra in die regte formaat te kry.   SARS aanvaar slegs inligting in A4 formaat.  Dit beteken dat ons baie keer die klein strokies moet plak op A4 bladsye en dan fotostate daarvan moet maak om sodoende  die dokumente te skandeer en op Efiling te laai, of om dit te gaan ingee by SARS kantore.  U kan dus sommer in die gewoonte kom om die mediese kwitansies en fakture op ‘n A4 bladsy vas te kram.

Mediese strokies moet deur ons opgesom en genommer word in dit wat aangekoop is by ‘n apteek (slegs medisyne voorgeskryf deur ‘n mediese praktisyn) en dit wat by ‘n mediese praktisyn self aangegaan is. Die inligting,  tesame met al die betrokke mediese  fakture en kwitansies (die kasregisterstrokie  of voorskrif tesame met die bewys van betaling) moet aan SARS as bewyse gegee word.  SARS is baie streng hier en sal enige uitgawe wat nie aan die vereistes voldoen, terugtel.  Boetes kan ook opgelê word wanneer uitgawes teruggetel word.  Enige uitgawes wat ook nie binne die voorgeskrewe tydperk aan SARS verskaf word nie, sal ook teruggetel word.  Onthou ook dat medisyne wat oor die toonbank gekoop word en vitamien aanvullings nie as aftrekking geëis kan word nie.

‘n Verdere sondebok by “ reviews” is  gewoonlik logboeke.   SARS vereis dat logboeke ‘n paar kolumme moet bevat wat  ten minste die volgende aantoon.

  • Kilometers ten opsigte van besigheidsreise
  • Datum
  • Begin- en eindkilometerlesing
  • Rede vir rit
  • Hoeveeleid kilometers vir besigheid of privaat gereis is

‘n Verdere belangrike punt is dat die optellings ook moet klop.  As u nie seker is oor die formaat nie, kan u ons kantore skakel wat aan u ‘n Excel formaat sal verskaf van hoe ‘n logboek moet lyk en sommer al die optellings namens u sal doen.

Die 2014 belastingseisoen open op 1 Julie 2014.

Bydrae gelewer deur Jaco Botha