Meer oor Sonja Steenkamp Rekenmeesters

Sonja Steenkamp Rekenmeesters is in 1997 gestig toe Sonja Steenkamp besluit het om ‘n klein praktyk te begin.  Met verloop van tyd het die besigheid gegroei tot waar ons tans agt (8) voltydse personeel in diens het.  By Sonja Steenkamp Rekenmeesters streef ons daarna  om die mees gerespekteerde, finansiële, rekeningkunde- en belastingfirma in die Vrystaat te wees. Ons funksioneer binne ‘n raamwerk  van Christelike beginsels en strewe daarna om ons kliente se besighede te groei en laat floreer.

Dit is vir ons belangrik dat personeel op hoogte moet wees met alle wysigings in ons veld, daarom is voortdurende opleiding vir ons belangrik en word personeel gereeld op kursusse gestuur.   Elke klient is vir ons belangrik en ons wil ons kliente gemoedsrus gee dat ons omsien na hul belange.

Sonja Steenkamp Rekenmeesters en SAIPA

Sonja Steenkamp Rekenmeesters is geregistreer as ‘n geakkrediteerde opleidingsentrum vir klerke by The South African Institute of Professional Accountants (SAIPA ATC – Approved Training Centre).  SAIPA evalueer die werk van klerke in die opleidingsprogram en dus word ons praktyk se kwaliteit ook nagegaan.  SAIPA besoek van tyd tot tyd die praktyk en ook klerke om te bepaal of ons werksverrigtinge op standaard is.

Ons kliënte en personeel

Om gelukkige kliente te hê, moet ons eerstens gelukkige personeel hê.   Personeel is vir ons  uiters belangrik, ons deel in mekaar se vreugdes en leed.  Om ons span gefokus te hou, hou ons twee tot drie keer ‘n jaar ‘n spanbou waar ons as span iets kreatief gaan doen of sommer net  lekker ontspan deur ‘n fliek te gaan kyk.