Bestuurder: Rekeningkunde- en Belasting

Jaco het as leerlingrekenmeester aangesluit by die SSRP span in Januarie 2012. Gedurende  November 2014 het hy kwalifiserende eksamen by SAIPA geskryf en is hy toegelaat as Professionele Rekenmeester by die Instituut.  Vanaf Januarie 2015 tree Jaco op as toesighouer by die rekeningkundige en belastingafdelings van die praktyk

Jaco het in 2008 gematrikuleer by Hoërskool Fichartpark en sy Bacculeurs graad in Rekeningkunde in 2012 behaal by die Universiteit van die Vrystaat.

Jaco sê: “Dit is altyd ‘n eer om met kliente te werk. Ek het geweldig baie by hulle geleer en as dit nie vir die leiding van Sonja was nie, sou ek nie nou wees waar ek is nie. Om as toesighouer vir haar op te tree en te sien hoe nuwe mense opgelei word as rekenmeesters, laat mens goed voel. Ek hoop eendag om haar wysheid en besluitneming so goed te kan toepas in situasies”.