Kantoorbestuurder

Nicolene het by die Sonja Steenkamp Rekenmeesters Praktyk (SSRP) span aangesluit in Januarie 2013 as kantoorbestuurder.  Nicolene het sterk administrasie en bestuursvaardighede en is ook die persoon wat SARS kantore besoek en ons praktyk se debiteure rekeninge hanteer. Haar loopbaan voordat sy by SSRP aangesluit het, het gehelp om haar vaardighede te slyp.

Nicolene het in 1988 gematrikuleer by Jim Fouche Hoër Skool en begin kort daarna werk as klerk by Spoornet Finansies. In 2000 het sy en haar man hul eie loodgieter- en bou besigheid begin en het sy self die hele boekhouding, kwotasies, debiteure, krediteure, personeelaangeleenthede en basiese bestuur van die  besigheid hanteer.

In 2008 begin Nicole werk by sleepwa-vervaardigers as kantoorbestuurder waar sy ook kwotasies, fakture, aankope, personeel aangeleenthede, kleinkas, invordering van slegte skulde, kwaliteitbeheer, en klientediens hanteer het.

Nicolene het ook ‘n verskeidenheid kursusse voltooi deur Damelin en Unisa – sommige wat insluit: Kwaliteitbeheer, Arbeidsverhoudinge, Excel, Word, Pastel, en ‘n verskeidenheid rekeningkundige kursusse.

Nicolene sê: “Ek geniet dit om met kliente te werk. Mense is vir my belangrik. Ek is ook regtig goed met admin en bestuur en dit is wat ek nog altyd doen en wou doen. Ek geniet dit vreeslik by SSRP want ek leer deurlopend en elke dag het iets nuut. Die personeel waarmee ek saamwerk is baie goeie mense en ons het ‘n goeie gees en uitstekende spanwerk”.