Oor die afgelope paar jaar het Sonja Steenkamp Rekenmeesters goeie verwysings ontvang van ons kliënte. Hiermee ‘n paar:

Sonja Steenkamp Rekenmeesters het vir ons deur ’n baie moeilike situasie gehelp en vir ons weer op die pas na sukses geplaas. Hul professionele diens, maar tog persoonlike aanslag, maak dit ’n plesier om saam te werk. Ek sal persoonlik enige persoon of besigheid aanbeveel om van hul dienste gebruik te maak. Nogmaals dankie Sonja, jy en jou span doen wonderwerke.

Jack Martin – Filadelfia Opleidingsentrum De Oude Renbaan Sub Acute

Ons kry altyd eersteklas diens vanaf Sonja Steenkamp se kantoor.  Julle is ‘n vriendelike, professionele en behulpsame span. Baie dankie vir alles deur die jaar en seën vir die toekoms!

Maryna Nel – Artic Group

 

Sonja en haar bekwame span lewer uitstekende diens. Hulle is altyd vriendelik, professioneel en hulpvaardig. Ons is al ‘n geruime tyd kliënte van Sonja Steenkamp Rekenmeesters, en was nog nooit teleurgestel met die diens nie. Hulle is altyd bereid om te help, al is die probleem hoe gering. Ons kan hul moet vrymoedigheid aanbeveel.

Dalecia Myburgh – Enterprise Distributors

 

Ek wil net graag hiermee bevestig dat my besigheid al 26 jaar bestaan en dat ek die grootste deel van my besigheidsbestaan by Sonja Steenkamp Rekenmeesters is en vir geen rede sal verander nie, as gevolg van die volgende:
–         Altyd beskikbaar wanneer jy hulle benodig
–         Die beste sal voorstel
–         Baie bekwaam
–         Absoluut fantasties
–         Probleme dadelik sal oplos
–         Manjifiek
–         Uiters professioneel
–         Baie dankie vir alles 

Mariane Nel – MARINELS

 

Sedert Sonja Steenkamp Rekenmeesters ons boeke doen, ervaar ons professionaliteit, goeie diens en behulpsaamheid. Anders as ander firmas maak sy gebruik van kundige personeel.
Die vriendelikheid van al die personeel val ook op. Dit is net ‘n plesier om met haar te deel omdat ons weet ons is in goeie hande.

Willie Engelbrecht – Habakuk Arbeidskonsultante

 

Ek is vir die afgelope 2 jaar betrokke by Sonja Steenkamp Rekenmeesters. Die tyd wat hul my besigheid se boekhouding hanteer word geken aan gemoedsrus en vertroue. Hul diens is professioneel en baie deeglik. Ek sal hul aanbeveel vir enige besigheid wat ‘n deeglike en professionele boekhouer benodig.

Heidi Snyders

 

Sonja Steenkamp Rekenmeesters is Z PR se diensverskaffer vir die afgelope 15 jaar. Deur die loop van hierdie tydperk het ons nog net goeie diens ontvang. Sonja en haar span is nooit te besig om finansiële raad te gee of om behulpsaam te wees met enige relevante versoek nie.  Dit is vir ons ‘n plesier om gebruik te maak van Sonja Steenkamp Rekenmeesters

Lynne Landman – Algemene Bestuurder – Z PR – Public Relations, Events, Graphic Design, Photography and Promotions