
Verwysings
Sonja Steenkamp Rekenmeesters is Z PR se diensverskaffer vir die afgelope 15 jaar. Deur die loop van hierdie tydperk het ons nog net goeie diens ontvang. Sonja en haar span is nooit te besig om finansiële raad te gee of om behulpsaam te wees met enige relevante versoek nie. Dit is vir ons ‘n plesier om gebruik te maak van Sonja Steenkamp Rekenmeesters
Ek is vir die afgelope 2 jaar betrokke by Sonja Steenkamp Rekenmeesters. Die tyd wat hul my besigheid se boekhouding hanteer word geken aan gemoedsrus en vertroue. Hul diens is professioneel en baie deeglik. Ek sal hul aanbeveel vir enige besigheid wat ‘n deeglike en professionele boekhouer benodig.
Sedert Sonja Steenkamp Rekenmeesters ons boeke doen, ervaar ons professionaliteit, goeie diens en behulpsaamheid. Anders as ander firmas maak sy gebruik van kundige personeel. Die vriendelikheid van al die personeel val ook op. Dit is net ‘n plesier om met haar te deel omdat ons weet ons is in goeie hande.
Ek wil net graag hiermee bevestig dat my besigheid al 26 jaar bestaan en dat ek die grootste deel van my besigheidsbestaan by Sonja Steenkamp Rekenmeesters is en vir geen rede sal verander nie, as gevolg van die volgende:
altyd beskikbaar wanneer jy hulle benodig; die beste sal voorstel; baie bekwaam; absoluut fantasties; probleme dadelik sal oplos; manijifiek; uiters professioneel!
Baie dankie vir alles
IN BEDRYF
27 jaar
SAIPA LID
29 Jaar
GEAKREDITEER BY SAIPA
as “Professional Accountants SA”, “Professional Tax Specialists SA” en “Independent Reviewer SA”


