Watter mediese aftrekkings is beskikbaar vir individue?

Die beginpunt van enige mediese aftrekking is die mediesefonds bydrae sertifikaat vir die jaar onder oorsig. Die sertifikaat toon die totale bydraes wat u gedurende die jaar gemaak het en ook eise wat nie deur die mediese fonds betaal is nie.
Indien u ander kwalifiserende mediese uitgawes betaal het, wat nie na fonds gestuur is nie kan u die uitgawes ook eis. Die klem val hier op kwalifiserende uitgawes, dit sal voorskrif medikasie en besoeke aan mediese praktisyns insluit. Vitamienes en ander nie-voorgeskrewe medikasie kan nie as aftrekking geeis word nie.
U sou ook die mediese uitgawes en mediesefonds bydraes van naby familielede (bv ‘n ouer) in sekere omstandhede kan eis. Eerstens moet u die familielid finansieël onderhou en die familielid moet as begunstigde op u mediese fonds geregistreer word. U sal nie die uitgawe kan eis as die familielid ‘n mediese fonds op sy/haar eie naam het en u dit namens hul betaal nie.
Gestremdheid/ongeskiktheid word gedefinieerd as enige fisiese, sensories, kommunikasie, intelektuele of geestes welstand beperkings wat ‘n persoon verhoed om daaglikse aktiwiteite normaal uit te voer. Indien u kind byvoorbeeld ADHD het, kwalifiseer u vir verligtingsvoordele wat ‘n groter mediese aftrekking vir u sal beteken. Die vereistes hier is dat die toestand reeds langer as ‘n jaar moet betstaan of die prognose moet aandui dat dit langer as ‘n jaar bestaan en dit moet deur ‘n mediese praktisyn gediagnoseer word. Dit behels dat voorgeskrewe vorms deur die mediese praktisyn voltooi moet word.

Hou in gedagte dat enige uitgawe wat uitsluitlik aangegaan word vir die ongeskiktheid of toestand waaraan gelei word, as aftrekking sal kwalifiseer. So byvoorbeeld sal ‘n kind wat blind is/siggestermd is,en na ‘n spesiale skool moet gaan, se skoolgelde aftrekbaar wees. Indien u verdere inligting benodig oor die aftrekbaarheid van spesifieke uitgawes, is u welkom om ons te
kontak vir ‘n konsultasie.

 

Bydrae gelewer deur: Sonja Steenkamp, Professionele Rekenmeester SA, Professionle Belastingpraktisyn SA.  Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moenie as professionele advies beskou word nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige foute, verlies of skade as gevolg van die gebruik van die inligting vervat in die artikel nie. Kontak
ons kantore vir konsultasie indien u gespesialiseerde advies benodig.