Algemeen
Ons sal deur die jaar met u kommunikeer vir die voorsiening van u inligting ten opsige van dokumentasie/inligting wat benodig word vir die voltooiing van u 2024 finansiële state. Let asb. op u eposse wanneer dit aan u gekommunkeer word sodat ons u finansiële state so tydig as moontlik kan voltooi om te voldoen aan die spertye van SARS asook ons kantoorskedule vir die voltooiing van die finansiële
Mei 2024
Ons sal met u kommunikeer, sodra SARS ons skriftelik in kennis stel van die datum wat Trust opgawes voltooi en ingedien moet word.
Neem hier ook net kennis dat die Meester van die Hooggeregshof se bevoordeelde eienaar register ingedien moet wees teen 24 Mei 2024, ten einde boetes van die Meester se kantore te (Indien u register nog nie ingedien is nie en u gaan nie van ons dienste gebruik maak nie kan u ons net in kennis stel daarvan vir rekord doeleindes. Neem asb kennis dat ons praktyk geen verantwoordelikheid neem vir enige boetes gehef hiervoor nie aangesien daar reeds op verskeie geleenthede met trust kliënte gekommunikeer is oor die registers wat ingedien moet word.
EMP501 opgawes vir die periode 1 Maart 2023 tot 29 Februarie 2024 moet voltooi en ingedien
Julie 2024
- Berekeninge t.o.v. die 2025 Finansiële jaar (1 Maart 2024 tot 28 Februarie 2025) word gedoen vir voorlopige belastingbetalers vir die 2025/01 voorlopige belasting
- Ons benodig die werklike syfers vanaf Maart 2024 tot einde Julie 2024 vir ons om ‘n skatting te kan maak.
- Indien werklike syfers nie ontvang word of voorsien kan word nie, word die skatting gebasseer op u laaste aanslag wat ontvang is vanaf
- Die belasting seisoen vir die indiening van die 2024 inkomstebelasting opgawes open en die spesifieke datum sal met u gekommunikeer word sodra ons dit ontvang het vanaf
- Kwotasies kan skriftelik van ons versoek word. Met ontvangs van betaling en informasie soos aan u gekommunikeer, sal ons u inkomstebelasting berekening op ‘n tydige wyse voltooi en aan u stuur vir indiening.
Augustus 2024
- Eerste voorlopige belasting opgawe moet ingedien en betaal wees t.o.v. van die 2 025/01 voorlopige belasting periode.
- Dit sluit alle individue en entiteite in wat vir voorlopige belasting geregistreer
Oktober 2024
- EMP501 opgawes vir die periode 1 Maart 2024 tot 30 Augustus 2024 moet voltooi en ingedien
- Nie voorlopige belasting betalers se inkomste belasting opgawes moet ingedien (Die spesifieke SARS sperdatum sal met u gekommunikeer word sodra ons dit ontvang het vanaf SARS.
Januarie 2025
- Berekeninge t.o.v. die 2025 Finansiële jaar (1 Maart 2024 tot 28 Februarie 2025) word gedoen vir voorlopige belastingbetalers ten opsigte van die 2025/02
- Voorlopige belastingbetalers (individue) se inkomste belasting opgawes moet ingedien wees. (Ons sal die spesifieke datum met u kommunikeer sodra ons dit van SARS ontvang )
Februarie 2025
- Alle inkomstebelasting opgawes o.v die 2024 jaar moet ingedien word wat die volgende insluit:
- Individue wat nog nie ingedien was teen November 2024 en Januarie 2025
- Alle entiteite se inkomstebelasting
- Tweede voorlopige belasting opgawes moet ingedien en betaal word
- Neem kennis dat indien u entiteit se jaar-einde nie op 29 Februarie 2024 val nie, u voorlopige indiening en betalings datum sal verskil. Die reel is, binne 12 maande na jaar-einde
Ons kantoor sal per epos met u kommunikeer soos wat elke genoemde sperdatum genader word.
Neem kennis dat dit die belastingbetaler se verantwoordelikheid bly om toe te sien dat die nodige informasie ons kantoor op ‘n tydige wyse bereik vir ons om die soos uiteengesit te kan bereik.
Ons doen alles in ons vermoë om u op hoogte te hou van en dokumentasie benodig om by die te kan hou en aanvaar ons praktyk geen verantwoordelikheid indien daar boetes uitgereik word vir enige oningediende opgawes omdat inligting nie op ‘n tydige wyse aan ons voorsien is en ons dit dus nie kon bereken nie.
Ons hoof kommunikasie middel, is per epos en stel ons voor dat u nader aan die bogenoemde u eposse waarneem vir belangrike kommunikasie.
Byvoorbaat dankie vir u samewerking







