Vra
en Antwoorde
Eerstens moet elke besigheid ‘n Inligtings Beampte aanstel. Die Popi Wetgewing bepaal spesifiek 8 vereistes waaraan elke besigheid moet voldoen. Die nakoming is die verantwoordelikheid van die Inligtings Beampte. Raadpleeg ons nuusbriewe vir verdere inligting.
In terme van die Wet op Belasting Administrasie, artikel 23 moet elke belastingpligtige binne 21 besigheidswerksdae SARS in kennis stel van enige verandering in sy posadres, fisiese adres, verteenwoordigende belastingpligtige, bankbesonderhede, epos adres of enige ander besonderhede soos deur SARS vereis. Die versuim om bogenoemde veranderings aan SARS deur te gee kan interme wat die wet as nie-nakoming gesien word en nie-nakoming van die wet kan beboet word. Dus is dit baie belangrik om jou persoonlike inligting op datum te hou.
Die grootste risiko is boetes op onderbetaling van voorlopige belastingopgawes. Gewoonlik word voorlopige belasting bereken op die basies bedrag op die opgawe. Die basiese bedrag is die laasste aangeslane jaar se belasbare inkomste. U kon in die huidige jaar ‘n eenmalige inkomste bv kapitaalwins op verkoop van ‘n eiendom gehad het, wat dan nie by die skatting van voorlopige belasting ingesluit was nie. Dit sal meebring dat u nie binne die vereiste 80/90% skatting is nie en addisionele belasting van 20% sal op die onderskatting gehef word.
Ons verwys u na ons Facebook bladsy, waar ons op die eerste van elke maand, die betrokke maand se datums aantoon.
DIVIDENDE: Opgawe en betaling moet binne 30 dae na verklaring ingedien en betaal word.
Ja, ‘n onderskattings boete word gehef indien u tweede voorlopige belasting betaling nie ten minste op 90% (80% indien u belasbare inkomste meer as R1 miljoen is) van die werklike inkomste van die betrokke jaar geskat is nie.
UIF word bereken op die werknemer se totale verdienste, kommissie uitgesluit. Daarom moet UIF ook oorbetaal word op bonusse en oortyd
Administratiewe boetes word maandeliks gehef op elke uitstaande opgawe. Die boetes wissel van R250 -R16 000 per maand af hangende van die inkomste van die belastingpligtige.
Ja, as jy nie ‘n Automatiese Assesering ontvang het nie, is dit die veiligste om self ‘n opgawe in te dien.
Indien ‘n individu (jonger as 65 jaar oud) se belabare inkomste die belastingdrempel van R95 750 oorskry moet hy/sy ‘n opgawe indien. Die belastingdrempel vir ouderdomme 65 tot 75 jaar oud beloop R148 217 en vir persone ouer as 75 R165 689
Vir verwysing na die SARS webtuiste, volg die volgende link: https://www.sars.gov.za/types-of-tax/personal-income-tax/do-you-need-to-submit-a-return/
Automatiese asseserings word uitgereik aan individue waar SARS alle inligting van derde partye, byvoorbeeld werkgewers en banke, kan bekom.
Vir volledige antwoord hierop, verwys na ons Nuusbrief
Hierdie is ‘n nuwe opgawe IT3 (01) en IT 3 (02) wat deur alle trust voltooi moet word. Vir die 2024 jaar is die indieningsdatum 1 April 2024 tot 30 September 2024. Dit bevat alle bedrae toegedeel aan begunstigdes, asook bedrae waarop begunstigdes gevestigde regte het.
Vrywaring – die antwoorde in die vraelys vervat, is slegs bedoel as ‘n riglyn en word geensins as ‘n bindende belastingopinie uitgespreek nie.

